Wêreldboere vergader in Junie – verskeie kwessies onder die loep

Die 2022 Wêreldboere-organisasie se algemene vergadering vind vanaf 7 tot 10 Junie in Boedapest, Hongarye, plaas. Die geleentheid word in samewerking met die Hongaarse Landbou-kamer gereël. Die vergadering verteenwoordig ‘n unieke byeenkoms vir die wêreldwye boeregemeenskap. Hulle vergader om visies en idees te bespreek oor uitdagings en geleenthede wat die landbousektor op wêreldvlak kenmerk. Dr. Theo de Jager president van die organisasie sê aan Kosmos 94.1 Nuus die impak van die Russiese-Oekraïnse oorlog sal onder die loep kom.