Vra jou vrae aan die Namibiese justisieministerie

Die Namibiese ministerie van justisie van Namibië streef daarna om die publiek beter te dien as voorheen. Dit is om daardie rede dat die ministerie ‘n veldtog begin om van die publiek te hoor wat dienste betref. Die ministerie doen ‘n beroep op die publiek om vrae van kommer op die ministerie se sosiale media-blaaie te plaas. Die sosiale media-blaaie sal op Woensdae vir vrae gebruik word en die ministerie sal die antwoorde op Vrydae elke week verskaf. Die ministerie se hoofskakelbeampte, Simon Nghidipo gesels met Kosmos 94.1 Nuus.

Idipo sê van vrae wat die meeste gevra word, is onder meer oor aansoeke vir regshulp en die kwessie van onderhoud.