Nampol bevestig selfmoord by Avani Hotel

Die Namibiese polisie het die selfmoord van ‘n 29-jarige werknemer van die ministerie van werke en vervoer vanmiddag omstreeks een-uur bevestig. Volgens die Avani Hotel was die man ‘n gas by die hotel en hy het van die dak van die Stratos-restaurant gespring. Hy is op die toneel dood verklaar. Soos vasgevang op kringtelevisie-beeldmateriaal het die oorledene die hotel alleen ingekom. Op die 15de vloer het hy in die Stratos-kroeg en -restaurant ingekom, hy het twee keer na die glasbalkon na die grond gekyk en na ‘n paar minute oor die glas geklim en gespring. Die nasionale woordvoerder van Nampol, adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi, sê volgens die dokumente wat in sy beursie gevind is, is die oorledene geïdentifiseer as Andonuis Shalimba Shitalanghaho. Rayno van Wyk, verkoops- en bemarkingsbestuurder van Avani Hotel, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.