Namibia Wildlife Resorts-raadslede se ampstermyn met ses maande verleng

Die waarnemende Namibiese minister van staatsondernemings, Ipumbu Shiimi, het Namibia Wildlife Resorts-raadslede se ampstermyn op ‘n tydelike basis vanaf 15 Junie tot 14 Desember 2022 verleng. Die raad, wie se kontrakte op 14 Junie 2022 tot ‘n einde gekom het, is verleng vir nog ses maande. Die sewe raadslede is die voorsitter, ambassadeur Leonard lipumbu, ondervoorsitter Janet Wilson Moore, Elize Petersen, Rudie Putter, Bernd Schneider, Eva Shifotoka en Carol Williams.