Vordering met menstruele gesondheid in Afrika

‘n Hoëvlak-paneel by die African Coalition-menstruele gesondheidsimposium sê vordering is gemaak met menstruele gesondheid op die vasteland sedert ‘n amptelike beroep vir optrede by die 2018-simposium gedoen is. Akademiese instellings, die privaatsektor, regerings, maatskaplike entrepreneurs en die media het die byeenkoms bygewoon. In Namibië is volgens dr. Ester Muinjangue, die adjunk-minister van gesondheid, nasionale gesondheidstaakgroepe by skole. Sy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê ‘n groot prioriteit is om water- en sanitasiegeriewe by skole te verbeter om gesondheid te bevorder.