Wes-Kaap vrees vir sprinkaanplaag

Wes-Kaapse boere vrees ‘n uitbreking van sprinkane in die lente nadat daar gesien is die insekte lê eiers in die omgewing van die Karoo Nasionale Park naby Beaufort-Wes. Die LUR vir landbou, Ivan Meyer, sê nuwe uitbrekings is naby die park opgemerk. ‘n Plaag kan teen September verwag word indien die eiers uitbroei. Meyer sê sy departement praat met die nasionale regering om te sien wat gedoen kan word om die skade te beperk. Swerms sprinkane is reeds naby Kimberley in die Noord-Kaap en in Noordwes opgemerk.