DRK-slagoffers kry hulp

‘n Kaapse mode-aanlynhandelaar verkoop tans produkte om fondse in te samel vir vroue wat ly as gevolg van oorlogsmisdade in die Demokratiese Republiek van die Kongo. Die stigter van Asande, Georgi Sheaf, sê hulle bemagtig ook vroue in Kaapstad deur hulle te help om hul handgemaakte produkte in die aanlynwinkel te verkoop. Sheaf sê sy glo daarin om vroue te bemagtig om hul lewens te herbou deur middel van besigheid.