Vordering met die voorgestelde wysiging van Artikel 25 van die Suid-Afrikaanse grondwet

Die Suid-Afrikaanse Parlementêre komitee om Artikel 25 van die buurland se Grondwet te wysig, het die 18de Wysigingswetsontwerp aanvaar. Dit sluit die onteiening van grond sonder vergoeding by die Grondwet in. Die doel van die Wetsontwerp is om voorsiening te maak vir die onteiening van grond vir grondhervorming waar die vergoedingsbedrag nul kan wees. Dit stel ook duidelik dat geen vergoeding ‘n legitieme opsie vir gondhervorming is omdat dit apartheidsonregte moet regstel. Die komitee vergader na verwagting Woensdag, waarna die Wetsontwerp na die Nasionale Vergadering gestuur sal word vir oorweging.