Die Namibiese eerste minister vra Namibiërs om hulle te laat inent

Internasionale gesondheidskenners sê kudde-immuniteit sal nie sommer bereik word nie asgevolg van al die Covid-virus-variante. Die Namibiese regering poog om wel kudde-immuniteit in die land te bereik. Die eerste minister, dr. Saara Kugongelwa-Amadhila, het gesê mense moenie in sameswerings glo nie en ‘n beroep op Namibiërs gedoen om nie te twyfel om ingeënt te word nie.