Stelselmatige verwydering van subsidies in Angola bring geen verligting nie

Dieselpryse in Angola is onlangs met sowat 48 persent verhoog, maar is steeds spotgoedkoop teen 4 Namibiese dollar 60 sent ‘n liter. Petrol kos in Angola 6 Namibiese dollar 90 sent ‘n liter. Jafet Nakanue, ‘n vulstasie-eienaar in die Noorde, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die duurder Angolese brandstof was veronderstel om verligting te bring vir vulstasies in die noordelike streke, wat swaarkry omdat goedkoop Angolese brandstof op groot skaal gesmokkel word. Hy sê in hierdie geval is Namibië se brandstof steeds veel duurder as in Angola, dus sal mense steeds Angola toe ry vir brandstof.