Christine Mboma wen goud in België

Christine Mboma van Namibië het ‘n goue medalje by die Koning Boudewijn-stadion in Brussels, België, in die 200 meter van die Wanda Diamantliga-byeenkoms in ‘n tyd van 21,84 sekondes gewen. Haar spanmaat Beatrice Masilingi het vyfde gekom met ‘n tyd van 22,50 sekondes.