Voorvaderlike grond sal ‘n kwessie bly, ongeag wat Saara sê

Voorvaderlike grond is in die nuus met die eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila wat sê kabinet het ingestem om ‘n wetsontwerp op te stel en sodra dit wet word, sal dit voorsiening maak vir die instelling van ‘n raad wat voorvaderlike grondeise sal aanhoor. Die kwessie van voorvaderlike grond is uiters kontroversieel in Namibië met opposisie-partye wat meen Swapo spreek dit nie aan nie omdat sy Aawambo-volk nie enige grond verloor het nie. Volgens Betuel Katjimune, sekretaris van die Ovaherero Tradisionele Owerheid maak dit nie saak nie… sou sy Namibië se president word, sal die vraag steeds daar wees en dit moet aangespreek word.