Veiligheid om parke, lodges uiters belangrik in feesseisoen

Plaaslike reaksie word ontvang op die nuus dat Suid-Afrikaanse Nasionale Parke op die oomblik nóu saam met die buurland se polisie en die gemeenskap werk om te verseker dat die gebiede rondom die Krugerwildtuin veilig is. Dit volg op ‘n voorval verlede maand, waarin ‘n Duitse toeris op pad na ‘n lodge in die omgewing in ‘n kaping doodgeskiet is. Nelson Ashipala, woordvoerder van die plaaslike Namibia Wildlife Resorts, sê misdaad by toerisme instellings is baie sleg vir die bedryf en hy hoop dat gevalle nie toeneem nie.