Twee vroue vas vir moord op baba

Plaaslike media berig dat twee vroue, 21 en 27 jaar oud, is in Mariental in aanhouding nadat hulle in hegtenis geneem is vir die beweerde moord op die pasgebore baba van een van die vroue. Die baba is na bewering dood nadat die vroue probeer het om dit in ‘n toilet in Kalkrand af te spoel. Die polisie sê die ma het verlede week geboorte geskenk aan ‘n gesonde babadogtertjie en daarna probeer haar in ‘n toilet af te spoel. Met die hulp van haar vriendin het die ma na bewering die baba se lewelose liggaam in gordyne toegedraai en dit saam met die plasenta in ‘n reissak geplaas. Die oorskot is blykbaar Vrydag in ‘n vlak graf by ‘n stortingsterrein begrawe en is Sondag deur ‘n verbyganger ontdek.