Maasdorp-saak tot 21 Augustus uitgestel, borg geweier

Wentzel Maasdorp het sy eerste verskyning voor landdros Olga Likando in die Windhoek-laerhof gemaak. Hy is met moord en die diefstal van ‘n voertuig aangekla. Maasdorp het die nuus gehaal met die ontdekking van Delia Maasdorp se vasgebinde liggaam Sondag in haar woonstel in Eros. Hy is in haar voertuig gesien en die voertuig is uiteindelik Dinsdag op Rundu gevind terwyl hy op dieselfde dag in die hoofstad gearresteer is. ‘n Neef van Delia se vervreemde man, was hy in ‘n verhouding met haar. Borg is geweier en die saak is tot 21 Augustus uitgestel. Milton Engelbrecht tree pro bono vir hom op en hy sal vermoedelik ‘n formele borgaansoek bring.