Voltooiing van Giyani-massawaterprojek steeds vertraag

ActionSA in Limpopo sê hy is teleurgesteld maar nie geskok oor die voortslepende vertragings met die voltooiing van die Giyani-massawaterprojek nie. Die departement van water en sanitasie het bekend gemaak die projek sal op die laatste teen Januarie afgehandel wees. Tussen 2014 en 2022 het die projek se koste van 502 miljoen Suid-Afrikaanse rand tot 4,5 miljard rand die hoogte ingeskiet. ActionSA se woordvoerder, Sello Lediga, sê hulle gaan ‘n aansoek indien volgens die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, om die vorderingsverslae van die departement te kry.