Thabo Bester verskyn in Bloemfonteinse landdroshof

Die veroordeelde moordenaar en verkragter Thabo Bester het by die Bloemfonteinse landdroshof aangekom waar hy vandag verskn. Hy en sy medepligtige, dokter Nandipha Magudumana, is uit Tanzanië na Suid-Afrika teruggebring. Hulle is Vrydag in dié land in hegtenis geneem. Bester se verskyning volg ‘n dag nadat Magudumana in dieselfde hof verskyn het. Sy staar aanklagte soos moord, bedrog, hulpverlening en lykskending in die gesig. Bester het verlede jaar uit die Mangaung-gevangenis ontsnap deur voor te gee hy is dood. Die woordvoerder van die Suid-Afrikaanse polisie, Brigadier Athlenda Mathe…