Swem: SA rekords spat

Swem: Chad le Clos het sy 13de nasionale titel opgeraap, op die tweede dag van die Suid-Afrikaanse Swemkampioenskap in Gqeberha. Die 31-jarige Le Clos het die 200 meter-vlinderslag in een-minuut-56,05-sekondes gewen wat binne die kwalifiserende tyd vir die Swem-wêreldkampioenskap is, wat in Julie in Fukuoka, Japan, aangebied word. Rebecca Meder het haar eie Suid-Afrikaanse rekord in die vroue se 200 meter individuele wisselslag verbeter en eerste klaargemaak in twee-minute-11,39-sekondes. Olivia Nel het die vroue se 50 meter-rugslag gewen in ‘n nuwe Suid-Afrikaanse rekordtyd van 28,39 sekondes.