Volksmoord-reparasies: Dit gaan oor wat die gemeenskappe toekom

Die adjunkpresident van Namibië, Nangolo Mbumba, sê die regering sal weer met hul Duitse eweknieë vergader om die herstelbetaling van 18 miljard Namibiese dollar te hersien omdat nie alle gemeenskappe tevrede is met die onderhandelinge nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Dr Hoze Riruako, ‘n politieke ontleder, gepraat oor of die regering of dit ‘n verkiesingsfoefie is of nie. Riruako sê dit gaan oor waardigheid en wat regmatig aan die geraakte gemeenskappe behoort.