Meatco vernuwe sy ‘bully beef’, so ons voer 1 100 ton in

Met die nuus dat Namibië 1 700 metrieke ton verwerkte vleis invoer waarvan amper 70 persent geblikte beesvleis is, het die vraag ontstaan wat het van Meatco se geliefde bully beef geword. Sedert die 1980s het die abattoir die Eloolo, Texan en Ranch handelsmerke vervaardig. Meatco se woordvoerder Rosa Hamukuaja-Thobias sê die produkreeks word vernuwe en verbruikers behoort in die volgende ses maande weer die produkte op die rak te sien.