AS-matrikulante kry voordele by Unam in ’23

Unam het te kenne gegee dat sogenaamde AS-matrikulante verskeie voordele by die universiteit sal geniet, ongeag die kursus waarvoor daar ingeskryf word. Aanlynregistrasie is gratis en net 150 Namibiese dollar vir die studente-unie is betaalbaar. Unam sê verder dat die studente prioriteitsbehuising ontvang met voorkeurtoelating vir akkommodasie op kampus. Daar is ook ‘n 10 persent korting op klasgelde vir die 2023-akademiese jaar.