Volksmoord: Geen ooreenkoms sonder insette van gemeenskap nie

‘n Kenner in Namibiese politiek en geskiedenis, dr. Henning Melber, meen dat die oplossing vir die volksmoord-kwessie lê by die insluiting van die betrokke gemeenskappe en hulle nasate. In Melber se mening sal versoening tussen Duitsland en Namibië slegs dan moontlik kan wees. Die Namibiese regering het self onderhandel met Duitse owerhede en gaan gebuk onder kritiek dat die Nama- en Ovaherero-gemeenskappe nie betrek is nie. Hy sê daar is verdrae wat deur die twee regerings onderteken is wat die betrokkenheid van die gemeenskappe eis maar dit is geïgnoreer, en voeg by die sogenmaande bystandshulp van 18 miljard Namibiese dollar oor 30 jaar is kleingeld.