New York: Ergste brand in 30 jaar

Tientalle mense is dood of beseer toe ‘n brand in ‘n woonstelgebou in die Amerikaanse stad New York uitgebreek het. Die sterftesyfer staan tans op 19, wat minstens nege kinders insluit, terwyl 32 mense brandwonde opgedoen of rook ingeasem het. Sommige se toestand is bedenklik. Die brand het oor die tweede en derde verdiepings van die 19-verdieping-gebou in die Bronx versprei. Sowat 200 brandbestryders het probeer om die vlamme te blus. Owerhede sê dit is die grootste brand in 30 jaar. Die vermoede bestaan dat ‘n foutiewe elektriese verwarmer die brand veroorsaak het.