Vermeende dief doodgeslaan deur gemeenskap

Die Namibiese polisie sê in sy weeklikse misdaadverslag dat sewe verdagtes tot dusver in hegtenis geneem is in verband met die dood van ‘n man, 28, by Epako in die Omaheke-streek. Die polisie sê vyf mans het die oorledene ondervra in verband met ‘n vermeende diefstal in die gemeenskap maar, nog gemeenskapslede het bygekom en die man is herhaaldelik aangerand tydens die ondervraging. Die man het oornag beswyk aan sy beserings. Intussen is is daar vyf vuurwapens uit ‘n huis in Otavi gesteel. Die polisie sê die huiseienaar en sy vrou het gaan uiteet en toe hulle terugkom toe is die kluis oopgebreek en die wapens, wat haelgewere, jaggewere en rewolwers insluit, is gesteel. Die waarde is 71 000 dollar. Niks anders is gebuit nie. Die ondersoek duur voort.