Voëlgriep mors met eierprodusente in die Kaap

Die DA in die Wes-Kaap sê dié party sal aan die LUR vir Landbou, Ivan Meyer, skryf en terugvoering vra oor wat die nasionale departement doen om die pluimveebedryf in sy stryd teen voëlgriep by te staan. Kommersiële eierprodusente in die provinsie is swaar getref deur die uitbreking van voëlgriep, met 30,6 persent van die lê-henne wat geraak is. Andricus van der Westhuizen van die DA sê die pluimveebedryf het al die ondersteuning nodig wat dit kan kry: