Merckel sê sy’t niks om voor jammer te sê nie

Die gewese Duitse kanselier, Angela Merkel, hou vol sy was tydens haar termyn nie naïef in haar onderhandelings met die Russiese president Vladimir Putin nie. Sy het in haar eerste groot onderhoud na haar uittrede gesê sy het niks om voor verskoning te vra in verband met haar reaksie toe Rusland in 2014 die Krim by Oekraïne geannekseer en sy sanksies ondersteun het nie. Sy sê die doel van die Minsk-vredesproses was om die gevegte in die ooste van Oekraïne in 2014/2015 te beëindig en die land toe te laat om as nasie te ontwikkel en sy militêre mag te versterk.