Voedseltekorte het reeds voor oorlog voorgekom

‘n Peiling deur Gallup toon dat uitdagings met voedselsekuriteit reeds ‘n geruime tyd duur, maar dat dit vererger kan word in lande waar daar staatgemaak word op invoere van koring vanuit die Oekraïne. Keniane, wat 10 persent van hulle koring vanuit die Oekraïne invoer het die grootste uitdagings met 69 persent van sy bevolking wat in die afgelope jaar nie genoeg geld gehad het om kos te koop nie. Die Filippyne is tweede geplaas met 15 persent van sy invoere vanuit die Oekraïne en 68 persent van sy bevolking wat nie geld het vir voedsel nie. Tunisië blyk om beter ondersteuning te bied met 48 persent van sy invoere wat uit die Oekraïne kom en net 32 persent van sy inwoners wat sukkel om kos op die tafel te sit. In Nigerië is die stand van sake uiters sleg. Vier persent van sy invoere kom uit die Oekraïne met 71 persent van sy bevolking van nie geld vir kos het nie. Namibië is nie in die studie ingesluit nie en voer die meerderheid van sy koring vanuit Rusland in.