Mariental sit kameras op

Die Mariental-munisipaliteit is tans besig met die installering van geslote-kring televisie in en om die dorp om die veiligheid van inwoners, besighede en natuurlik besoekers te verbeter. Volgens Dirk Cloete, die brand- en noodveiligheidsbeampte by die dorpsraad, word dit in samewerking met plaaslike besighede uitgevoer.