VN vra skietstilstand in Tigray om hulp af te lewer

Die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram vra dat alle rolspelers tot ’n skietstilstand sal instem en sal toesien dat humanitêre hulp onbelemmerd na Tigray in Ethiopië vloei. Die Voedselprogram sê ernstige tekorte bestaan vir voedsel, kontant, brandstof en werkende telekommunikasietoerusting. Volgens die program kon hulle sover slegs die helfte van die 2,1 miljoen mense bereik wat hulp benodig. Michael Dunford van die Voedselprogram sê tot 400 000 mense sal oor die volgende maand hongersnoodtoestande ondervind weens die konflik, gebrek aan marktoegang, verlore planttyd en onvoldoende humanitêre hulp. 


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *