ReconAfrica-stigter ontmoet Geingob

Die stigter van ReconAfrica Craig Steinke ontmoet vanoggend met President Hage Geingob. Die maatskappy doen op die oomblik olie-eksplorasie in die Kavango-Oos en Wes streek. Terwyl geen besonderhede oor die bespreking bekend is nie, sê Ndapewoshali Shapwanale, ReconAfrica se direkteur van kommunikasie, die ontmoeting is deur die ministerie van myne en energie gereël.