Enoch moet hervorming en fiskale dissipline bevorder in SA

Business Leadership South Africa sê strukturele hervorming en fiskale dissipline is fundamentele vooruitsigte vir die ekonomie. Die pas-aangestelde minister van Finansies, Enoch Godongwana, moet dus vinnige vooruitgang op albei gebiede verseker. Godongwana vervang Tito Mboweni, wat bedank het. Die organisasie se uitvoerende hoof, Busi Mavuso, sê belegging moet die fokus wees van Suid-Afrika se ekonomiese herstel. Sy het bygevoeg Godongwana beklee nou een van die moeilikste posisies in die land, maar hy kan op die ondersteuning van verskeie belanghebbendes insluitende sakelui, staatmaak.