Visvangregte is regverdig uitgegee

Visvangregte bly in die nuus en volgens die adjunk-uitvoerende direkteur in die ministerie van visserye Ueritjiua Kauaria, is geen streek in die land uitgelaat in die toekenning van visvangregte nie. Kauaria het gereageer op kritiek dat die twee Kavango-streke sowel as Omaheke en Kunene uitgelaat is. Hy sê van die streke het nie aansoek gedoen nie of, aansoeke het nie aan die kriteria voldoen nie. Hy sê verder sekere streke het minder aansoeke ingedien. Nuwe maatreëls wat in 2018 ingestel is dui ook aan dat een aansoek se lede uit meer as een streek afkomstig moet wees om sodoende reeds beter verteenwoordiging te verseker.