Booys se appèl uitgestel

Die appèl van die omstrede voormalige Okahandja Streeksraadslid Steve ‘Biko’ Booys, teen die weiering van borg in dorp se landdroshof op 13 April, is in die hoërhof uitgestel tot 13 September. Booys was nie teenwoordig nie en het ook nie regsverteenwoordiging nie. Regter Naomi Shivute het gesê die uitstel sal hom kans gee om ‘n prokureur aan te stel en nuwe datums vir verhoor te bepaal. Booys is sedert 2 Februarie in aanhouding op klagte bloedskande en verkragting wat die staat sê in Januarie plaasgevind het.