Visseryeministerie gaan onwettige visvang in Namibiese waters vasvat

Die Namibiese minister van visserye, Derek Klazen, het sy versekering gegee dat die sy ministerie diegene wat skuldig bevind word aan onwettige en ongereguleerde visvang in Namibiese waters, sal hanteer. Hy het op Walvisbaai die visserybedryf toegespreek en gesê alle moderne tegnologiese stelsels is in plek om vaartuie wat onwettig in Namibiese waters visvang, vroegtydig op te spoor.