Cape Nature sluit vennootskap om Afrika-pikkewyne te red

Die bewaringsorganisasie, CapeNature, sê die beskerming van die bedreigde Afrika-pikkewyn is die grondslag van die memorandum van verstandhouding wat onlangs tussen CapeNature en die Dyer-eiland Bewaringstrust in Gansbaai onderteken is. ‘n Woordvoerder van CapeNature, Petro van Rhyn, sê vennootskappe is noodsaaklik in pogings om die bevolking te bestendig. Sy sê die trust het ‘n toelaag van die Amerikaanse Disney-bewaringsfonds ontvang om ‘n gespesialiseerde seevoëlbewaarder op Dyer-eiland aan te stel wat met dié taak sal help.