Julian Assange en sy verloofde gaan in Britse tronk trou

Wikileaks se stigter, Julian Assange, en sy verloofde gaan in die Britse tronk trou waar hy aangehou word. Hy dien ‘n vonnis uit nadat hy sy borgtogvoorwaardes verbreek het terwyl hy veg teen Amerika se pogings dat hy uitgelewer word. Amerika wil hê die Australiër moet vervolg word omdat hy duisende hoogs geheime dokumente op sy webtuiste onthul het. Amerika appelleer tans teen ‘n Britse hof se beslissing teen sy uitlewering. Assange en Stella Morris is sedert 2011 in ‘n verhouding en het twee jong kinders.