Visserye-minister moedig akwa-kultuurprojekte aan

Volhoubare voedselproduksie word hoogs aangemoedig in Namibië, veral gegewe die huidige ekonomiese uitdagings, sê die Namibiese minister van visserye, Derek Klazen. Hy het die Hardapdam se akwa-kultuursentrum by Mariental besoek waar ‘n tilapia-vis-produksieprojek is. Die bevordering van akwa-kultuurprojekte en binnelandse vissery-ontwikkeling in die land is een van deurlopende programme wat deur die ministerie van visserye onderneem word om vis-produksie te verhoog en voedselsekerheid te verseker.