SA vroue ergste aan finansiële swaarkry blootgestel

Die jongste navorsing deur National Debt Advisors dui daarop Suid-Afrikaanse vroue is die ergste aan finansiële swaarkry blootgestel weens die loongaping tussen mans en vroue van tussen 23 en 35persent. Die studie toon ook 58 persent van agterstallige lenings word deur vroue gehou, hoofsaaklik weens finansiële misbruik en die streng inperkings. Die woordvoerder van National Debt Advisors het gesê die toename in gesinne met een ouer is nog ʼn bydraende faktor.