Frank Fredericks se Statebondspele-rekord in 200 meter spat ná 28 jaar

Namibiese naelloper Frank Fredericks se 200 meter Statebondspele-rekord wat hy 28 jaar gelede opgestel het, is gebreek. Jareem Richards van Trinidad en Tobago het uiteindelik Fredericks se rekord aan skerwe laat spat. Richards het Saterdagaand die 200 meter by die Birmingham Statebondspele in ‘n tyd van 19,80 sekondes gehardloop, terwyl Fredericks in 1994 die rekord opgestel het nadat hy 19,97 sekondes behaal het.