Vissersboot in Golf van Oman met 2 100 AK-47-aanvalsgewere onderskep

Die Amerikaanse vloot het ‘n vissersboot in die Golf van Oman onderskep wat meer as 2 100 AK-47-aanvalsgewere vervoer het. Die boot se roete van Iran na Jemen is tradisioneel gebruik om onwettige goedere na die Houti’s in Jemen te vervoer. Volgens die Amerikaanse vloot was die bemanning van die vissersboot ses burgers van Jemen.