Oud-sokkerster van Zambië deur sy honde doodgebyt

Huldeblyke stroom steeds in vir die voormalige Zambiese sokkerster, Philemon Mulala, wat die naweek deur sy drie honde doodgebyt is. Volgens berigte is die honde van ʼn onbekende ras en is hulle nou in die sorg van die DBV. Intussen het ʼn nie-regeringsorganisasie op Lichtenburg, in Noordwes, Thusanang Trauma Centre, die 60-jarige Mulala se familie besoek. Die projekbestuurder van die organisasie, Christina Pretorius, sê hulle ondersoek maniere om die getraumatiseerde familielede by te staan.