Ondersoek begin na tenkwa-ontploffing in Boksburg

Die departement van gesondheid in Gauteng het met ʼn ondersoek begin na die ontploffing in Boksburg van ‘n gas-tenkwa waarin 12 gesondheidswerkers van die Tambo-gedenkhospitaal dood is. Die Gautengse LUR vir gesondheid Nomantu Nkomo-Ralehoko, het tydens die genesingsdiens vir die 12 verpleegkundiges wat op en ná Oukersdag dood is, gesê die regering sal verseker die hospitaal se infrastruktuur word herstel en na die welstand van verpleeglui omgesien word.