Vissermanne wil toelaatbare vangs aanpas

Kleinskaalvissers in Namibië vra dat die wet op die totale toelaatbare vangs per spesie deur elke skipper toegepas word om hulle ook in staat te stel om hulself te onderhou. Die direkteur van die Hanganeni Artisanal Fishing Association op Hentiesbaai Herman /Honeb, sê die onlangse verhoogde aantal vissersbote op die see, raak die bestaan van kleinskaalse vissermanne direk. Hy sê dat visbronne teen ‘n kommerwekkende tempo uitgeput word. Sommige vaartuie werk volgens hom onder die voorwendsel om kleinskaalse vissers te wees maar hulle is nie. Hy voeg by dat die aanbod op die oomblik die vraag oorskry en dus, verdien hulle baie min vir hulle vangste. Vissermanne mag volgens die heersende wetgewing net tien visse per dag vang.