VF+ verwelkom Mkhwebane se skorsing

Die Vryheidsfront Plus se leier, Pieter Groenewald, sê hulle verwelkom Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane se skorsing. President Cyril Ramaphosa het haar gister met onmiddellike ingang geskors totdat die Artikel 194-proses in die Parlement om ondersoek in te stel na haar bevoegdheid vir haar pos, afgehandel is. Hy sê sy was die afgelope jare by verskeie hofsake betrokke waar bevind is sy is onbevoeg vir die amp van Openbare Beskermer: