Virat Kohli en Nida Dar is IKR-spelers van Oktober 

Krieket: Die Indiese kolwer, Virat Kohli, is aangewys as die Internasionale Krieketraad se mansspeler vir Oktober. Dit volg op sy goeie spelpeil tydens die T20-Wêreldbekertoernooi in Australië wat gehelp het dat sy span vir die halfeindstryd kwalifiseer. Indië speel Donderdag teen Engeland in Adelaide vir ʼn plek in Sondag se eindstryd in Melbourne. Dit volg op Woensdag se eerste halfeindstryd tussen Nieu-Seeland en Pakistan in Sydney. Die vrouespeler vir Oktober is die veteraan veelsydige speler van Pakistan, Nida Dar.