DA moet koalisie herstel in Johannesburg

Die politieke ontleder in die buurland, Sandile Swana, sê die DA moet moeite doen om die mislukte verhoudings met sy koalisievennote in Johannesburg te herstel. Dit volg nadat ‘n mosie van wantroue in die burgemeester, Mpho Phalatse, onbepaald uitgestel is. Die ANC het met die steun van minderheidspartye hulle tweede mosie van wantroue ingedien, maar dit is nietig verklaar nadat die regspan van die DA die hof genader het. Swana sê indien Phalatse weer ʼn mosie van wantroue moet trotseer, kan sy uit die kussings gelig word, tensy verhoudings in die raad herstel word: