DA: 119 babas in Gautengse hospitale agtergelaat

Die DA in Gauteng sê die tragedie van weggooi-babas duur voort in die provinsie, met 119 babas wat verlede jaar in hospitale agterlaat is. Dit is in vergelyking met 145 agtergelate babas in 2020, en 56 babas wat van Januarie tot Augustus vanjaar in Gautengse hospitale gelos is. Die DA-lid, Jack Bloom, sê die Thelle Mogoerane-hospitaal in Vosloorus, Ekurhuleni, is die ergste geraak, met 15 agtergelate babas verlede jaar.