Vingers wys en ander blameer is normaal in aanloop tot verkiesings

Politieke aktiwiteite is besig om op te warm in Namibië vir die presidensiële verkiesing wat in 2024 voorlê. Die politieke veldtogte begin vorm aanneem en politieke partye wys vingers na wie die skuld kry vir die gebrek aan ontwikkeling. Onlangs het die voormalige Hardap-streekgoewerneur en oudminister van onderwys, Katrina Hanse-Himarwa, opmerkings gemaak oor sabotasie. Opposisie-partye in Namibië wys dikwels vingers na die regerende party tydens hul veldtogte nie. Moet hulle nie liewer fokus op die veranderinge wat hulle wil bring as om op die foute van die regerende partye te fokus nie? Politieke kenner, prof. Andre Duvenhage sê dis normaal in ‘n demokratiese stelsel.