Zelensky sê hy sal skiet op Russe wat vanaf Zaporizhzhia aanvalle loods

Die Oekraïne teiken Russiese soldate wat óf op Zaporizhzhia, Europa se grootste kernkragstasie skiet, óf dit as ‘n basis gebruik. President Volodymyr Zelensky sê elke Russiese soldaat wat óf op die aanleg skiet, óf vanaf die aanleg skiet, moet aanvaar dat hy ‘n spesiale teiken word vir die intelligensie-agente, spesiale dienste, of die weermag. Daar is reeds ‘n beroep deur die G7 en die VN op die twee lande gedoen om ‘n neutrale sone om die aanleg te skep. Beide die Oekraïne en Rusland blameer mekaar vir skietvoorvalle rondom die aanleg en daar is kommer oor ‘n kernramp.