VSA vry na Afrika, spreek China aan

Die Verenigde State sê sy verhouding met China oor Afrika-aangeleenthede sal mededingend wees waar dit moet wees, samewerkend waar dit kan wees, maar ook teenstrydig as dit moet. Volgens Judd Devermont, die Amerikaanse senior direkteur vir Afrika-aangeleenthede, identifiseer die nuwe Amerikaanse strategie vir Afrika kwessies oor China in Afrika wat kommerwekkend is. Amerikaanse diplomate het ‘n besige week op die vasteland gehad met die minister van buitelandse sake Antony Blinken wat in Suid-Afrika, die DRK en Rwanda was. Intussen het Linda Thomas-Greenfield, die Amerikaanse verteenwoordiger by die VN na Uganda en Ghana gereis, en die administrateur van USAid, Samantha Power was in Somalië en Kenia.